Welkom by die
Gereformeerde Kerk
Krugersdorp Wes
NUUTSTE PREKE 2025 KALENDER

Ons Geloof

Ons bely ons geloof saam met al die ander Gereformeerde Kerke in Suid Afrika volgens die Ekumeniese Belydenisskrifte en die Drie Formuliere van Eenheid.

Die Apostoliese Geloofsbelydenis

Die Apostoliese Geloofsbelydenis

Die Apostoliese Geloofsbelydenis is ‘n vroeë belydenis van Christelike geloof, heel moontlik vanuit die eerste of tweede eeu. Dit wil voorkom asof dit geskryf is om die kern van die vroeë Christelike geloof te verwoord, en is ook ‘n antwoord op Gnostisisme wat liggaam en siel van mekaar wou skei. 

Die Geloofsbelydenis van Nicea

Die Geloofsbelydenis van Nicea

Hierdie belydenisskrif is genoem na Nicea in Klein-Asië waar in 325 n.C. ‘n konsilie gehou is en waar die dwaalleringe van Arius verwerp is. Die finale vorm is egter eers van ‘n later datum, waarskynlik van die Eerste Konsilie van Konstantinopel van 381 n.C.

Die Geloofsbelydenis van Anthanasius

Die Geloofsbelydenis van Anthanasius

Hierdie belydenisskrif word genoem na Atanasius, die verdediger van die Skriftuurlike leer teen die dwalings van Arius in die 4de eeu, alhoewel dit betwyfel word of dit Atanasius self was wat dit opgestel het. Dit vertolk egter die Kerk se standpunt oor die leer van die Drie-eenheid.

Gebeurtenis

Kom geniet die volgende funsksies saam met ons.

2025 Vroue Saamtrek

2025 Vroue Saamtrek

DATUM : 8 Maart 2025

TYD : 8-9 vm Vir Registrasies

PLEK: NG KERK SUIDERLIG 
H/V Herbert Laan & Gould Straat, Krugersdorp, 1739

Jaar Gestig
0
Predikant
1
Gemeentelede
0
Jeug
0 +

Getuigskrifte Van Ons Gemeentelede

Om 'n erediens by die Gereformeerde Kerk Wes Krugersdorp by te woon voel soos 'n tuiskoms. Die Woordgebonde preke is opbouend en verrykend. Gesellige samehorigheid tydens oggend tee na die erediens, pannekoekbak, bybelstudie en nagmaaletes is opvallend.
Ek is al lidmaat sedert 1988.
Amanda Le Roux
Suster
Die Gereformeerde Kerk van Krugersdorp Wes is 'n Kerk waar suiwer woordverkondiging plaasvind. Sakramente gebruik word en die tug met liefde toegepas word.
Ek is al lidmaat vanaf 1987.
Dawid Bezuidenhout
Broeder

Gereed om met ons te gesels?